Liewe familie van die Skenker
Ek is die dogter van die man wat ‘n nier ontvang het.
Ek wil eers begin deur te sê ek is verskriklik jammer om te hoor van die oorledene in u gesin. Dit is ‘n moeilike brief om te tik hierdie. Aan die een kant is ‘n familie met hartseer in hul harte en aan die anderkant is ‘n familie se drome bewaarheid.
Ek wil graag die brief skryf en ek hoop my bedoeling kom reg by u uit. My pa het 2 jaar terug ‘n lelike hartaanval gekry. My pa is my lewe so ek het erg geskrik. Later moes ons uitvind dat sy niere nie meer so lekker werk nie. Saam het ons die trane weggesluk, maar daar was goeie nuus: met ‘n goeie diëet kon dialise uitgestel word. Dialise was vir my soos ‘n lepel vol chillies, maar als het vir eers goed gegaan. Presies ‘n jaar later kry my pa toe weer ‘n hartaanval by die huis voor my oë. Op daai stadium was ek al so moedeloos maar my pa het bly vasklou aan die lewe. Hy is op nood dialise geplaas en so het ons aangegaan vir ‘n jaar. Ek kannie aan iemand beskryf hoe dit voel om jou pa so te sien agteruit gaan nie. Ek was op ‘n stadium in ‘n kliniek geplaas vir depressie want ek kon net nie meer nie. En toe kom die nier...... ek het geweet dit is goeie nuus, maar ek was banger as wat ek kleintyd vir die donker was. Ek was nie reg om my pa te verloor nie. Ek is net 21jaar oud. My pa is in hospitaal toe met trane en rugsak.
Die sekondes het soos ure gevoel en die ure soos maande.... maar die operasie was ‘n sukses! Ongelukkig het die vrees dat iets kon verkeerd gaan steeds aan my vasgeklou. Ek vat toe my pa se motor en ry ‘n draai, net om bietjie weg te kom van alles. Ek was in ‘n lelike ongeluk. Meeste glo dis ‘n wonderwerk dat ek lewe en basies niks oorgekom het nie. Nou kan ons aangaan en ons lewens geniet.
Dit is dan my verhaal. Dit gaan nou baie goed met my pa. Hy raak sterker by die dag en moeiliker ook......
Baie dankie dat u hierdie tyd saam met hom vir my gegee het. Ek sal u ewig dankbaar wees.
Dankbare Dogter
About Me
- Hennie
- I had a life changing experience the past two and a half years. I would like to help others with similar experiences.
Site Map
Thursday, November 29, 2007
Sincere letter from daughter to donor family
Posted by
Hennie
at
8:23 AM
0
comments
Labels: dialysis, donor, kidney, renal failure, sincere
Subscribe to:
Posts (Atom)